Wie was Mnr. Cluver van Cluverstraat - Stellenbosch?

by 'nDromer | Local News

Waar kom 'Cluverstraat' vandaan?

Nes Ryneveldstraat en Andringastraat is Cluverstraat vernoem na 'n burgemeester, of "landdros", soos dit toe bekend was.

Paul August Carl Dietrich Cluver was Stellenbosch se burgemeester tussen 1914 en 1921. Sy pa was 'n Duitse pastoor en sy broers prokureurs soos hy.

Reino Otterman skryf in sy interessante artikel dat die Duitse pastor Friedrich Clüver en sy gesin in Stellenbosch gewoon het. Sy dogter Johanne Clüver was deel van 'n Duitse vrouegroep wat baie gemeenskapswerk gedoen het in die omgewing. Haar broers, AlbertPaul en FA Clüver was prokureurs.

Die begin van 'n Prokureursfirma

Dit is met die seuns van landdros P.A.C.D. Cluver dat die 'cluver' gedeelte van die regsfirma Cluver-Markotter ontstaan het:

Heino Otterman skryf:

Die Cluver erfenis dateer uit Oktober 1891, toe Paul August Carl Dietrich Cluver as prokureur bevestig is. Hy het begin praktiseer in Birdstraat 6, Stellenbosch, onder die naam PD Cluver.

Paul Cluver was 'n prominente publieke figuur en het 'n betekenisvolle rol in die Stellenboschgemeenskap gespeel.

Hy het as burgemeester gedien vanaf 1915 tot 1921, en as lid van die provinsiale raad tussen 1027 en 1930. Hy was so hoog geag op plaaslike bestuursvlak dat hy die eerste persoon was om genomineer te word as lewenslange erelid van die Munisipale Vereniging van die Kaap.

In Julie 1916 het sy twee broers, FA Cluver en AH Cluver, by hom aangesluit as professionele assistente.

In 1932 het hy die naam van die firma verander na Paul & AH Cluver, met FA en AH Cluver as medewerkers.

Na 62 jaar as praktiserende prokureur, is AH Cluver in 1965 as erelid van die Regsvereniging van die Kaap van Goeie Hoop vereer.

Ralph Paul Cluver, seun van AH Cluver, het by sy pa se praktyk aangesluit en as vennoot daar bly werk tot met sy aftrede in 1980. 

 

Die firma het later saamgesmelt met Markotter Basson & Marais, ook 'n plaaslike firma.

Mnr AF Markotter, of Oubaas Mark, soos hy bekend gestaan het, was nie net ‘n bekende rugbyspeler nie, maar ook ‘n goeie prokureur en die eerste hoofamptenaar van die Stellenbosse Eksekuteurskamer - gestig in 1916.


Wat van Paul Cluver wyne?

Nog 'n bekende Cluver is Mnr Paul Cluver van die bekende wynlandgoed Paul Cluver wines in die Elgin vallei.

Paul Cluver is 'n paar jaar gelede internasionale vereer vir sy werk as wynboer, innoverende denker en filantroop. 

Dr Cluver het onder andere 'n unieke komposteringsmetode ontwikkel in samewerking met die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad).

Wine.co.za skryf oor hom:

Paul Frederich de Villiers Cluver word beskryf as 'n voorbeeldige sakeman, 'n innoverende vrugteboer, 'n baanbrekerwynboer en 'n filantroop Dr Cluver het die verbou van kommersiële wyndruiwe in die koel klimaat van Elgin begin deur in 1985 wingerde te ontwikkel wat uiteindelik sou uitloop op die handelsmerk Paul Cluver Wines. leierskapsvaardighede het daartoe gelei dat hy op die direksies van verskeie nasionale en internasionale maatskappye dien. Hy word beskou as een van die beste gekwalifiseerde neurochirurge in die wêreld met vier mediese grade agter sy naam. Daarbenewens het hy 'n eredoktorsgraad in die landbou ontvang. [...]  

As jy nog wil uitvind oor die firma Cluver Markotter, click hier. Die skakel na Paul Cluver Wines is hier.

Vir nog inligting oor invloedryke Duitsers in Stellenbosch se erfenis, lees Reino Otterman se fassinerende artikel hier.

Vir nog trivia oor waar Stellenbosch se straatname vandaan kom, lees oor Andringa- en Van Ryneveldstraat hier.

 

 


Artikel en vertaling: Y Coetsee 2017
Bronne: Stellenbosch Drie Eeue 1979
https://news.wine.co.za/news.aspx?NEWSID=15289
Duitsers op Stellenbosch, deur Reino Ottermann