Wie was Merriman van Merrimanstraat?

by 'nDromer | Local News

Na wie is Merrimanstraat in Stellenbosch vernoem?

John X Merriman was 'n britse politikus wat in 1908 Eersteminister van die destydse Kaap Kolonie was. Hier sit hy op die stoep met sy vrou, vriende, diensmeisies en honde.

Hy was nie 'n Stellenbosser nie, maar word dikwels met die plaas Rustenberg assosieer, waar hy en sy vrou afgetree het. Hy is in Engeland gebore (1941) maar het as jong seun van Engeland af Kaap toe immigreer saam met sy ouers. Behalwe vir die rooi- en witwyne wat hy op Schoongezicht (later Rustenberg) gemaak en uitgevoer het, het hy ook met sagte vrugte geboer en met perde en Jersey beeste geteel. Rustenberg het hul rooi BORDEAUX BLEND na hom vernoem.

Beeld van 'n politikus

John Xavier Merriman was ‘n lang en skraal man met ‘n sterk persoonlikheid en talent vir public speaking - hy was 28 jaar oud toe hy lid van die Kaapse Parlement (Cape House of Assembly) word en het gedien nog lank na sy aftrede.

Die hoogtepunt in sy loopbaan was toe hy vir 'n ruk Eersteminister van die Kaap Kolonie was.


'n Liberale leier met sterk idees

Merriman se politieke sienings maak hom 'n effens omstrede persoon in SA geskiedenis.

Onder sy meer liberale bydrae was het hy probeer het om te verhoed dat die Britse regering oorlog verklaar teen SA (tweede Anglo-boere oorlog). Hy het hom sy lewe lank beywer om eenheid te bring tussen die vier destydse kolonies (Kaap, Transvaal,  Oranje-Vrystaat en Natal), en daarmee ook versoening tussen Engels- en Afrikaanssprekendes.

Hy was ook een van die min MP's wat gekant was teen die Native Land Act van 1913. (Lees op wiki vir meer oor sy verskeie politieke sienings.) 


Agnes, sy hollandse vrou

Op 34 het Merriman getrou met die jong dame Agnes Vintcent (die dogter van een van sy Hollandse kollegas). Hul was hul lewe lank getroud maar het nooit kinders gehad nie.

Later het hul weggetrek uit Kaapstad en op die Kaaps Hollandse plaasopstal Schoongezicht kom aftree. Hier het Merriman die laaste 9 jaar van sy parlementêre loopbaan voltooi. Hy het ook gedien op Stellenbosch se Hospitaalraad, Vrugtewerkersvereniging en Universiteitsraad. Hy is op 85 jaar oud oorlede.

Vandag is Schoongezicht deel van die plaas Rustenberg, wat bekend is vir sy pragtige tuine. Rondom die huis is 'n prieël wat Merriman nog self opgerig is.

Sources: Deborah Sauer, Stellenbosdch Drie Eeue - Amptelike gedenkuitgawe.
/www.rustenberg.co.za/wine-portfolio/rustenberg-john-x-merriman/ 
https://en.wikipedia.org/wiki/John_X._Merriman


Ydi is 'n jong Stellenbosser wat graag skryf oor die dinge wat mense miskyk. Sy hou van stowwerige boeke en spinnerakhuise en om te sien hoe die verlede nie altyd is wat jy dink of verwag nie. Sy geniet dit om skryf en lees oor Stellenbosch, sy erfenis en sy mense.