Ganskos en knoppiesbos - Stellenbosch se interessante plante en hul name

by 'nDromer | Local News

Die dorp STELLENBOSCH, wat deel uitmaak van die Cape Floral Kingdom (Capensis), is die tuiste van meer as 1100 verskillende plantspesies.

Meeste van hierdie plante sal jy sien in Jonkershoek of teen die hange van Stellenbosch se berge, en baie van hul name is uitgedink deur die boere wat hier gebly het.

Sommige plantname is basseer van woorde wat in die plaaslike tale gebruik was.

kalkoentjie
Die Kalkoentjie blom

Die naam Boegoe, byvoorbeeld, is verkry van die khoi mense, wat die woord gebruik het om 'n reeks geurige en medisinale plante te beskryf. Daar word onderskei tussen verskillende boegoespesies, soos wildeboegoe (apathosma imbrivata), anysboegoe (agathosma crenulata) en rooiboegoe (diosma hirsuta), elk wat 'n spesifieke gesondheidseienskap het. In sy gefermenteerde vorm (boegoebrandewyn) word hierdie plant gebruik as teenmiddel vir allerhande kwale.

Baie van die volksname beskryf die voorkoms van die plant:

  • Die fluitjiesriet, byvoorbeeld (Phragmites communis), in Engels bloot die Common Reed, het in Afrikaans vele name: Die Fluitjiesriet, Sonquasriet, Vaderlandsriet, Vinkriet, Vlakkiesriet of Vleitjiesriet. Dit is nie inheems nie, maar die ou Kapenaars het die riete uitgehol en gebruik vir tabakpype, fluite en ander musikale instrumente.
  • Die naam bokhorinkies is die volksnaam van die plant microloma sagittatum, 'n mooi pienk of rooi blommetjie met lang, smal pypiesblare. Die plant is ‘n rankplant, en die groen rankers wat hulself rondom ander plante draai herinner aan gekrulde bokhorings. Bokhorinkies kom nie net in die Kaapse fynbos voor nie, maar ook in die Klein Karoo, Weskus en in Namakwaland.
  • Die naam Ganskos is bietjie van 'n misterie alhoewel dit 'n redelik algemene blommetjie is - 'n ouer persoon sal dalk weet waar die naam vandaan kom. In Engels staan die plant bekend as bachelor buttons of funnel weed. Dis moontlik dat die ronde geel binnekant van die blommetjies herinner aan mieliepitte en daarom ganskos heet? Alhoewel dit so 'n klein blommetjie is, behoort Ganskos (cenia turbinata), aan die sonneblomfamilie.
  • Die kalkoentjie is ‘n pragtige maar skaars blom wat alleenlik in die Kaap voorkom (sien foto bo). Sy groot helder oranje-rooi blom het die voorkoms van ‘n kalkoen en word in Engels ook die Turkey-chick genoem Die Kalkoentjie is tans bedreig in SA.
  • Kalossies is 'n versamelnaam vir 'n groep pragtige fynbosblomme van die Iris familie (Ixia). Die naam kalossie het 'n interessante herkoms. Die woord is blykbaar afgelei van die woord kalotjie (in engels calotte), wat verwys na 'n soort hoed (scull cap). Die ronde vorm van die soort blomme herinner aan hierdie outydse kopstuk. Gaan kyk gerus na fotos van die Groenkalossie, Blue eye Kolossiepurple ixia en Pink Ixia
  • Die kol-kol plant (berzelia lanuginosa) word ook die vleiknoppiesbos of vleikolkol genoem. Hierdie interessante plant dra klein room-kleure blommetjies wat dikwels in fynbosruikers gebruik word.
  • Die knoppiesbos (Brunia noduliflorais 'n soortgelyke plant en word ook geken aan sy knoppies. Dit word die knopbos, knoppies, stompies of volstruisies genoem in Afrikaans. Die naam Volstruisies verwys waarskynlik na die ronde, wollerige, roomkleurige blomhofies wat op die punt van elke takkie voorkom.