Woordfees 2018 - Alles wat jy moet weet.

by 'nDromer | Local News

Woordfees 2018 is om die draai, en Stellenbossers kry 'n kans om te pronk met hul kultuur, natuurskoon en gasvryheid.

 

As die maand van Maart jou onverhoeds betrap het en jy nog nie kans gehad het om na die Woordfeesboekie te kyk nie, hier is in 'n neutedop alles wat jy moet weet.

 

Wat is die tema en waar kom dit vandaan?

Die tema van US Woordfees 2018 is "100%", geinspireer deur die Universiteit se 100 jaar verjaarsdagviering.

 

Waar kry ek 'n program?

Jy kan die volledige program aflaai by www.woordfees.co.za (die skakel is woordfeesgids.pdf). Die inligtingstalletjie tydens die fees is by die Erfurthuis as jy vasdraai.

 

Die US Woordfees is kontantlooshoe moet ek betaal?

Meeste venues sal toegerus wees met 'n kaartmasjien waar jy met jou krediet/debietkaart kan betaal. Laai ook Snapscan op jou foon af.

 

Waar parkeer ek?

Daar is twee spesiale Woordfees parkeerplekke:

  • Op die hoek van Koch en Van Reede Straat (naby Rhenish).
  • By Hoërskool Stellenbosch (Jannaschstraat)

 

Is daar 'n pendeldiens?

Ja, pendelbussies gaan ry vanaf die twee parkeerplekke na Ryneveldstraat (die 'feeskern') en terug gedurende elke dag van die fees.

Die eerste bussie ry 08:00 en die laaste een 23:45.

LW geen kontant word aanvaar nie. Dit kos R5 per rit/ R20 per dag/ R100 vir die fees (Betaal met snapscan of krediet/debietkaart) *Die diens is gratis vir Standard Bank kaarthouers.

 

Wat is die WOW-projek?

WOW is die gemeenskapsontwikkeling been van Woordfees - dit staan vir "Woorde Open Wêrelde".

  • WOW gee kinders blootstelling aan die kunste en aan literatuur, veral leerders wat nooit só 'n geleenheid andersins sal kry nie.
  • Die WOW projek sluit in: boek- en skrywerspraatjies, werkswinkels, slypskole, skrywersgesprekke en inligtingsessies, die Sanlam WOW Spelfees, skrywersbesoeke (van die voorgeskrewe tekste), leeskringe, leesfeeste, skoolkoerante, debatfeeste, kuns en- kultuurfeeste, kompetisies (soos die verf- en verskompetisie vir jong leerders).
  • Lees meer oor WOW se visie en missie hier

 

Is daar wifi by die woordfees?

Ja, gratis Wi-Fi is beskikbaar by die Woordfees met trots geborg deur WISH.

 

Tot wanneer hou Woordfees aan?

Woordfees is van 2 Maart tot 11 Maart 2018.

 

Gaan die fees help om water te spaar?

Ja! Die fees het 'n goed deurdagte Waterplan om die impak op Stellenbosch se munisipale watersisteem tot 'n minimum te hou. Om te sien wat dit behels, click hier.

 

Watter venues BUITE Stellenbosch word gebruik tydens Woordfees?

  • Dylan Lewis Studio & Sculpture Garden
  • Jordan-restaurant
  • Knorhoek
  • L’Avenir
  • Neethlingshof
  • Protea Hotel Technopark
  • Simonsig
  • Somersboch
  • Spier Amfiteater
  • Stellenbrau
  • The Private Hotel School
  • Tokara
  • Weltevreden

 

Watter venues BINNE Stellenbosch word gebruik?

  • Amazink 2 A5
  • ATKV-Boeke-oase
  • ATKV-Boektent
  • Banhoekweg
  • Bibsaal
  • Bloekomhoek
  • Bosch-restaurant
  • Coetzenburg
  • Die Khaya
  • Die Plataan
  • Drostdy-teater
  • Erfurthuis
  • Galery Universiteit Stellenbosch (GUS)
  • HB Thom-teater
  • Hoërskool Cloetesville
  • Hoërskool Lückhoff
  • Idasvallei-biblioteek
  • Jan Marais Natuurreservaat
  • JS Gericke-ouditorium
  • kykNET Endler
  • kykNET Fismer
  • kykNET Hoërskool Stellenbosch
  • Laerskool Cloetesville
  • Laerskool Eikestad
  • Laerskool Idasvallei
  • Laerskool Rietenbosch-skoolsaal
  • Laerskool St. Idas
  • Lettere en Sosiale Wetenskappe
  • Masithandanestraat 26, Kayamandi
  • Moederkerk
  • Ou Landbousaal
  • Oude Werf Hotel
  • Paul Roos Sentrum
  • PJ Olivier Kunssentrum
  • Pulp Cinema Neelsie
  • Rhenish Girls’ High School
  • Rupert Museum
  • RW Wilcocks-gebou 1001
  • SMAC
  • Stadsaal
  • STIAS
  • US Botaniese Tuine
  • US Museum
  • Visuele Kuns-departement
  • Wilgenhof

 

Namens Anna Basson Eiendomme wil ons almal 'n feestelike twee weke toewens  - geniet Woordfees en #leefstellenbosch!