Rustenberg open gardens

by 'nDromer | Local News, Events

.

Rustenberg - gestig in 1682 - is een van die pragtige Kaaps-Hollandse plase wat Stellenbosch so uniek maak.

Saterdag het ons bietjie gaan #lééfstellenbosch deur Rustenberg se welige tuine te besoek.

.

WAT IS DIE JAARLIKSE OPEN GARDENS? 

Rustenberg se tuin is reeds vir vele jare 'n objek van liefde en toewyding, met Pietman Diener (ook 'n Stellenbosser) aan die stuur van die tuin se uitleg en versorging.

Die tuin is uiteengesit met 'n aantal 'tuinkamers' waarvan meeste in 'n ou Engelse styl ontwerp is. Die prieël is 200 jaar oud (opgerig deur John X Merriman) en die tuine bevat 'n pragtige versameling ou bome en outydse rose.

Een keer 'n jaar kan die publiek die tuin besoek teen 'n klein ingangsfooi, gewoonlik in laat Oktober wanneer alles blom.

.

WIE KAN KOM?

Jonk en oud, mense van alle tale en agtergronde! Dit was heerlik om die naweek heelwat kinders in die tuin te sien, nuuskierig besig om plantjies te bekyk of uitbundig die vryheid van die grasperke te geniet.

Bring sonskerm of 'n hoed as dit 'n warm dag is. As jy moeilik stap of 'n rolstoel benodig, is dit dalk nodig om spesiale reëlings te tref.

.

HOE OUD IS DIE PLAAS EN WAT IS DIE GESKIEDENIS?

Rustenberg is in 1682 gevestig deur Roelof Pasman, 'n Europeër uit die Meurs/Maas distrik in België en Holland. Wynbou was baie suksesvol in die Simonsberg omgewing en sy wynplaas het floreer.

In die vroeë 1800's het die destydse eienaar die plaas in twee verdeel en die Schoongezicht gedeelte aan sy skoonseun gegee het.

In die middel van die 1800's het 'n ernstige resessie die Kaap getref en 'n wingerdsiekte baie wynplase in finansiële nood gedompel. Soos met Boschendal, is die plaas Schoongezicht deur Mnr John X Merriman oorgekoop, finansieël stabiliseer en opgebou tot sy vorige Kaaps-Hollandse glorie.

Die Barlow familie het in 1941 beide Rustenberg en Schoongezicht bekom, die twee plase herenig, en vir die afgelope 70 jaar as eienaars bestuur.

In 2001 het Rozanne Barlow besluit om die tuin te restoreer. Die ou tennisbaan is in 'n pragtige labarint omskep, en die prieël is herstel en met rankrose en ander geurige blomme versier. .

KAN MENS DIE TUIN OOK IN DIE RES VAN DIE JAAR BESOEK?

Ja!

Die Schoongezicht tuin is oop vir die publiek tydens wynproe ure (09:30 tot 16:30 en op naweke tot 15:00), en besoekers kan rustig deur die tuine wandel.

Jy kan ook reël om die tuin te gebruik vir funksies, verfilming of fotografie (kontak Tammy Barlow at [email protected]).

Die Rustenberg gedeelte van die tuin is privaat, en slegs oop op die jaarlikse open garden dag.

.

IS DAAR ANDER OPEN GARDENS RONDOM STELLENBOSCH?

Ja, veral in die begin van November!

Hier is 'n paar open gardens wat jy in die volgende paar weke kan besoek (soos adverteer deur die Suid-Afrikaanse hortikulturele gemeenskap).

.

Elgin Open Gardens - second weekend

04/11/2017 - 05/11/2017

20 beautiful open gardens in the Elgin, Vyeboom and Bot River districts open over two weekends.

Elgin, Western Cape, South Africa

http://www.elginopengardens.co.za

021 8440154 / 078 021 2101


Helderberg Hospice Open Gardens Festival

04/11/2017 - 05/11/2017

09:00 am - 04:00 pm

Beautiful gardens open for charity in and around Somerset West! The most beautiful gardens in and around the Helderberg will be open to the public 09h00 to 16h00, to benefit Helderberg Hospice.

Somerset West 21, Old Stellenbosch Road Somerset West, Western Cape, 7130, South Africa

http://www.helderberghospice.org.za

021 852 4608


Walk and Talk at the Vineyard Hotels Riverside Gardens - 8 Nov

08/11/2017

09:30 am - 11:00 am

Stroll through the Vineyards historic, eco-award winning riverside gardens. Abundant indigenous fauna and flora, a delightful, informative guided walk with horticulturalists. Tea & pastries afterwards. Cost R90 per person.

The Vineyard Hotel, Cape Town Colinton Road, Newlands, Cape Town Cape Town, Western Cape, South Africa

http://www.vineyard.co.za

021 657 4500


Acara Open Garden

11/11/2017

10:00 am - 04:00 pm

English country gardens with beautiful views to the Helderberg mountains. Acara Guest Cottages are gardens to be enjoyed year round. Tea, coffee and muffins served. Plant sales.

Acara Guest Cottages EXACTLY 1.2km down Winery Road, near Raithby Stellenbosch, Western Cape, South Africa

http://www.acara.co.za

084 958 5074


Stellenberg Estate Open Gardens

11/11/2017 - 12/11/2017

09:30 am - 05:30 pm

This beautiful, extensive garden is only opened occasionally to the public, in November, to raise funds for charity.

Stellenberg Estate 30, Oak Avenue, Kenilworth, Cape Town Kenilworth, Cape Town, Western Cape, South Africa

http://stellenberggardens.co.za

Magda 021 934 0352


Teks en fotos: Y Coetsee 2017
Eksterne skakels
http://horti.co.za/event/guide/open-gardens
http://www.rustenberg.co.za/our-story/the-grounds-and-gardens/
https://en.wikipedia.org/wiki/Meuse%E2%80%93Rhine_Euroregion