Kry jou huis gereed vir die winter

by 'nDromer | Local News

Wees reg vir die winter met hierdie eenvoudige wenke

vanaf #Anna Basson Eiendomme!

 

LEEFAREA

Kry die wintergevoel deur sagte kombersies en throws in 'n mandjie in jou leefarea te sit. Dit werk lekker by die TV of wanneer jy met 'n boek voor die kaggel wil opkrul

VENSTERS

Baie Suid-Afrikaners het hout vensterrame wat in die winter opswel. Probeer om voor die groot reën jou vensterrame reg te maak en seker te maak of hul ordentlik kan toemaak.

LEKPLEKKE

Ondersoek jou huis vir klam kolle teen die mure, lugborrels of swamme. Maak dit vroegtydig reg of kry 'n professionele persoon om dit reg te maak voor die winter aanbreek.

DAK

Die grootste deel van jou huis se hitte (ongeveer 40%) ontsnap deur die dak. Insuleer jou plafon sowel as jou geyser en die eerste 1,5m van die pype. Insulasie kan jou baie krag en geld spaar!

KAGGEL

Maak seker jou skoorsteen is vry van roet en obstruksies - dit kan 'n groot risiko wees wanneer jy dit die eerste keer aansteek. As jy kan, hou 'n brandblusser iewers in jou huis of naby jou kaggel. Winter is die tyd wanneer verwarmers en kaggels dikwels sonder toesig gelos word, en kan 'n brandgevaar wees vir jou gesin.

SWEMBAD

Indien jy nog nie het nie, maak jou swembad toe met 'n bedekking  - dit spaar krag en keer dat herfslare die filter verstop.

GEUTE

Maak seker dat daar nie voëltjies of eekhorings in die dak of ventilasiegate kan inklim nie. Haal herfsblare en takkies uit jou geute en wees gedurig op die uitkyk vir verstoppings.

TUIN

Maak seker dat die stormwaterdreine in jou tuin of by jou swembad vry is van blare en ander obstruksies.

BLARE

In plaas daarvan om herfsblare op jou grasperk weg te hark of in 'n swartsak te sit, snipper dit in klein stukkies met die grassnyer. Blykbaar maak die klein stukkies vir goeie mulch wat jou tuin vrugbaar maak vir die volgende seisoen.

SITKAMER

Hang swaarder gordyne voor jou vensters of blindings. Kry 'n deurstop/deurkussinkie sodat wind of reën nie by jou voordeur inwaai nie (of maak jou eie - hier is 'n paar idees.)

BELIGTING

Die ligte in jou huis kan 'n groot verskil maak of jou tuise 'koud' of warm voel in die winter. Belê in mooi staanlampe, kerse of in gloeilampe wat 'n warm/geel skynsel het.

BADKAMER

Maak seker jy het 'n lekker sagte badmatjie en handdoeke vir wanneer jy uit die stort moet klim.

VENTILASIE

Laat jou vensters elke dag ten minste 'n rukkie oop (al is dit koud) sodat daar vars lug in die huis kan kom. Doen dit veral as jy kondensasie sien aan die binnekant van jou ruite. As jou huis neig tot klammigheid, gebruik 'n extractor fan wanneer jy kook, warm water gebruik of wasgoed doen in jou huis.

Maak seker jou beddegoed en gordyne is ordentlik droog wanneer jy dit wegbêre sodat dit nie dalk muf en verniel nie. Hang jou throws, kombersies en  gordyne buite wanneer die son uikom uit om klammigheid en muf te voorkom.

VERWARMING

Daar is verskillende vorme van verhitting vir jou huis d.m.v gas, plaatverwarming of 'nwaaier. Kyk gerus na ESKOM se energiebesparende wenke (soos onder) om te kyk wat die regte tipe verhitting is vir jou huis.

Invest in a fan heater controlled via a thermostat - this is the most energy-efficient space heating option if you need quick heat for just one hour in an average room of 3 x 4 x 2,5 meters; it spreads heat quickly and evenly and the thermostat switches it off when the room temperature reaches the desired level   

Nog winterwenke

BRAAI

Suid-Afrikaners onthaal gewoonlik hul vriende deur te braai. As jy nie 'n binnebraai het nie, nooi jou vriende vir 'n pizza-aand,  fondue, potjiekos of paella - alles lekker gesellige etes vir die winter

DEURE

Verhit net die kamer waarin jy is in plaas van die hele huis. Doen dit deur binnedeure toe te maak waar nodig.

KAGGEL

As jy nie self 'n kaggel in jou huis het nie, kyk uit vir lekker restourante en kuierplekke waar daar 'n vuurtjie in die winter brand.

 

#lééf Stellenbosch