Huishoudelike wenke vir die Lente - van Anna Basson Eiendomme

by 'nDromer | Local News, DIY

Die dae word langer en somer is om die draai!

Hier is 'n paar lentewenke vanaf #Anna Basson Eiendomme oor jou huis se onderhoud.

VENSTERS

As jy hout vensterrame het, kyk vir tekens van swart muwwerigheid. As die hout nog nie skade gekry het nie, maak 'n oplossing met asyn, koeksoda en water en spuit dit op die area - kry die resep bydie skakel hieronder - of indien nodig kry iemand om daarna te kyk.

http://www.doityourself.com/stry/how-to-remove-black-mold-on-windows

KLAMMIGHEID

Kyk deur jou huis vir probleemareas teen die mure soos lugborrels, vlekke of swamme. Maak seker jou huis het genoeg ventilasie, en indien nodig kry 'n professionele persoon om na waterskade te kyk. Hier is 'n paar DIY wenke om self van vlekke ontslae te raak:

https://housewifehowtos.com/clean/how-to-remove-mold-from-walls/

DAK

Kyk buite die huis of al die dakplate nog goed vas is. As jy kan, klim ook binne-in die dak en maak seker daar is nie eekhorings of voëls wat nesmaak nie. Kyk dat jou geyser nie lek nie sodat probleme vroeër eerder as later opgelos kan word - hier is 'n goeie skakel na die mees algemene geyserprobleme en hoe om dit op te los:

http://www.housecheck.co.za/geyser-troubleshooting/

SKOORSTEEN EN BUITEMURE

Kyk of daar wit soutvlekke teen jou baksteenmure is (efflorescence). Die sout is nie in sigself skadelik nie, maar kan 'n teken wees dat water iewers uitlek, en kan vorentoe probleme veroorsaak. Lees hierdie handige link vir meer daaroor:

http://www.deckerhomeservices.com/what%20is%20efflorescence.htm

BUITE DIE HUIS

Stap om jou huis en kyk vir krake in die fondasie of stoep. Dit kan 'n teken wees dat die grond geskuif het tydens die reëneringe winter. Om te weet of die krake skadelik is vir jou huis se struktuur, kyk na hierdie handige webtuiste:

http://www.housecheck.co.za/understanding-cracks/

GEUTE

As daar 'n swart merk onder jou geut is, kyk vir lekkasies en haal enige blare en takkies uit. Wees ook gedurig op die uitkyk vir verstoppings. Dit is baie belangrik dat water weg van jou huis gelei word en gedreineer word, anders kan jy met groot fondasieprobleme sit - lees meer hier:

http://www.housecheck.co.za/poor-drainage-causes-huge-problems/

HOUT

As jou stoep groenerig of klam is na die winter, maak dit skoon met 'n hoëdrukspuit en gee dit 'n nuwe laag vernis indien nodig. Hier is 'n webtuiste wat stap-vir-stap verduidelik hoe om 'n dek/stoep van hout skoon te maak:

https://www.hunker.com/12002826/how-to-clean-mold-and-mildew-from-wood-decks

LUGVERSORGING

Kyk na jou aircon/lugversorger (binne en buite) en of dit aandag nodig het. Jy sal dalk takkies of blare moet verwyder en die filter goed skoonmaak met 'n sponsie en seep. Onthou om altyd die elektrisiteit te ontkoppel wanneer jy met water werk! Lees oor die skoonmaak van jou lugversorger hier:

 http://www.doityourself.com/stry/how-to-unfreeze-an-air-conditioner-unit

BADKAMER

Lente is 'n goeie tyd om daardie moeilike skoonmaakwerkies te doen. Haal jou 'extractor fan' se filters uit en maak dit skoon, asook jou wasmasjien en tuimeldroeër se binnekant. Maak elektroniese toestelle skoon met bietjie alkohol en 'n oorpluisie of 'n sagte lappie.


STORT

Na die klam winter is dit dalk nodig om jou stort en badkamerteëls ordentlik skoon te maak. Asyn en 'n tandeborsel kan goed hiervoor werk - kyk na dié skakel vir die 9 mees algemene skoonmaakprobleme in badkamers en hoe om dit op te los:

https://www.rd.com/home/cleaning-organizing/9-bathroom-cleaning-problems-solved/

BUITE

Kyk of jou stoepmeubels dalk geroes het tydens die winter, en neem 'n Saterdag om 'n goeie restourasiewerk te doen. Hier is paar goeie wenke vir hoe om jou tuinmeubels weer splinternuut te laat lyk:

http://naturallysavvy.com/live/how-to-clean-outdoor-furniture

Vir 'n volledige home maintenance checklist: click hier

Om 'n vorm uit te print vir spring-cleaning, kry Martha Stewart se 'spring cleaning checklist' hier:

-----lééf Stellenbosch------