Die storie van Pleinstraat

by 'nDromer | Local News

In die 1800's was Pleinstraat een van die deftigste strate in Stellenbosch met heelwat Victoriaanse tweeverdiepinghuise. Maar omdat Pleinstraat die sakekern van die dorp was, het meeste van die ou geboue intussen plek gemaak vir nuwe onwikkelings.

Vandag is daar nog net 'n paar oorblyfsels van die vroeë geskiedenis in Pleinstraat oor, al was dit een van die eerste 4 strate.


Die Wesleyaanse pastorie was in Pleinstraat,  Hoek van plein en van Ryneveld straat het drie van die vier ou geboue cvverloor, insluitend old BLoemhof . 83b 85b 89b 92a 103a 106-7 108 126 128 220 Op schumacher se skildery is Pleinstraat bloot 'n eikelaning , aan die noordekant begrens deur plasies. Daar is twee huise, die skuisgeplaast ehuis wat later die wesleyaanse pastorie sou wrd, en die diaconuyhuis in huidige ryneveldstraat. (57) Waar Absa gebou vandag is was die Ou Bloemhof gebou (sien foto). Teen 1817 het Pleinstraat ook nou al 'n beboude straat geword sedert die ou kerkhofblog in 1782 in erwe verdeel is. Hier, sowel as aan die noordekant, het avnd die mooiste "nuwe" uise van Stellenbosh gestaan, baie van huille was volledige H vormige huise. . DIe latere wesleuyaanse  pastorie met sy sierlike laat barokgewel het ook in Pleinstraat gestaan, aan die noordekant, diep geleen en skuins geplaas as erkenning aan die koers van die noordleike tak van die meulsloot. Alby takke van die sloot het van hier af diagonaalsgewys der 'n blok getrek,, met nou stegies daarlangs, die suidelike stegie, dorpsteeg, bestaan vandag nog. in Pleinstraat was daar oor 'n ry dubbelverdieinghuise soos die van dorpstraat 100-118, wat verdwyn het.
Hier is hoe Pleinstraat gelyk het rondom die jaar 1900 (vanaf die Braak) (Fotograaf: Murison).


1. Die Poortjie

Het jy al ooit opgelet daar is 'n klein ingangspoort langs specsavers (naby Anna Basson eiendomme)? Hierdie wit ingang met sy klein gewel is een van die oudste stukkies bouwerk wat in Pleinstraat oorgebly het (dit dateer voor die 1800s). Vandag is dit 'n nasionale gedenkwaardigheid.


2. De Witt-huis langs die stadsaal

Hierdie wit geboutjie (foto onder) tussen die stadsaal en die Absa gebou is die enigste huis wat aan die noordekant van Pleinstraat oorgebly het (De Witt-huis, nr 30). Die huis is intussen verleng en lyk of dit verbind is aan die stadsaal en biblioteek.


3. De Wet square/ De Wet gebou

Die De Wet gebou herdenk twee bekende besigheidsmanne in Stellenbosch, die De Wet-broers. Koos en Jan de Wet is in die 1800s aangeneem as weeskinders deur die Van Coller gesin en het in die familiebesigheid begin werk op die hoek van Birdstraat en Kerkstraat. Albei broers was hardwerkend en aangelê vir besigheid. Toe hul pleegvader sterf in 1897 (dit is die datum op die De Wet gebou onder) het die broers geld geleen om die winkel te koop. Die Gebrs. De Wet besigheid het vooruitgegaan en later landswyd bekend geword. Sover ek weet het die De Wet familie vir drie geslagte lank die besigheid bestuur.

Nog befaamde Stellenbosch besighede is Joerning se apteek, Mnr Samie Voldsteedt se kruidenierswinkel in Dorpstraat, en Mnr Du Toit se skoenwinkel en herstelplek.


  Ydi is 'n jong Stellenbosser wat graag skryf oor die dinge wat mense miskyk. Sy hou van stowwerige boeke en spinnerakhuise en om te sien hoe die verlede nie altyd is wat jy dink of verwag nie. Sy geniet dit om skryf en lees oor Stellenbosch, sy erfenis en sy mense.

Artikel en Fotos: Y Coetsee 2017
Bronne: Stellenbosch Drie Eeue (1979)
Stellenbosch ons oudste dorp - Stellenbosch 300 aksie

 


 

Om te lees van die ou Bloemhofgebou wat in Pleinstraat was, click hier.

Om te lees van die oudste vier strate in Stellenbosch, click hier.