Brandbestryding in Stellenbosch se geskiedenis

Brandbestryding in Stellenbosch se geskiedenis

Stellenbosch het 2 groot brande gehad, die eerste in 1710 en die tweede in 1803. Met die verwoestende brand van 1803 het 42 geboue afgebrand, omtrent ‘n derde van die dorp op daardie stadium.

Hierdie twee rampe (sowel as stormsterk winde wat soms die geboue beskadig het) is ‘n groot rede hoekom al die historiese geboue in die middedorp nie behoue gebly het nie. Pleinstraat en Van Riebeeckstraat is veral geaffekteer.

Hier is ‘n paar interessante feite oor brand en brandbestryding in Stellenbosch se vroeë geskiedenis:

old-fire-engine
Stellenbosch se ou brandblusser

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-2

Brande was nog altyd ‘n groot bedreiging vir Stellenbosch omdat meeste van die geboue se dakke van riete of strooi gemaak is. Mense het aanvanklik ‘n soort strooi gebruik (rogstrooi) omdat dit goedkoper was as platdakke (van klip), maar die strooi is later met riete vervang. Meubels, plafonne en vloere was alles van inheemse hout.

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f

Stellenbosch se eerste ‘brandweerstasie’ was by die tronkselle by die ou Drostdy (die kweekskool vandag). Toe die tronk later self die ruimte benodig is die brandweer geskuif na die markgebou in Markstraat – vandag die Kruithuis.efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-3

In 1736 is daar kennisgewings in die dorp opgeplak wat mense verbied om te rook op straat. Mense mag nie brandende kole uit ‘n pyp blaas of om met enige ander brandende stof op straat rondbeweeg nie.

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-1

Met albei groot brande het die dorpenaars hulp gepleit van die owehede (die Kompanjie en politieke raad) om hul lewens te herbou. Die slagoffers van die tweede brand kon net staatslenings kry indien hul belowe om nie weer rietdakke te bou nie.

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-5

Een van die grootste behoeftes van brandslagoffers was hout omdat dit duur was en die afkap van bome verbode was in dele van Stellenbosch (lees hoekom hier). Een van die versoeke van die dorpenaars was dat die owerhede ‘n skip van Plettenbergbaai of Mosselbaai moet stuur met hout om hul huise te herbou.

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-6

Voor die oudtydse brandblussermasjien (foto bo) het die brandweer meestal emmers van leer gebruik. Om die nuwe masjien te stoor is daar ‘n brandblussershuisie gebou op die hoek van Dorpstraat en Drostdystraat. Twee brandmeesters en vier assistente is aangewys, een wie se naam Lambert Fick was.

hoek-van-drostdy
Hoek van Drostdystraat en Dorpstraat vandag

efd1248ef23b136cb763cb54b623f81f-7

Toe die dorpie se enigste kerkgebou afbrand in 1710 was die gemeente vir 12 jaar sonder ‘n kerk. Hul het in hierdie tyd in ‘n wynkelder van Welgevallen bymekaargekom vir kerkdienste. Die geboutjie staan nog en is vandag deel van die Morkelhuis. Lees nog details oor die kerk se geskiedenis op hul webtuiste.

morkelhuis
Morkelhuis

Onthou Stellenbosch is ‘n unieke dorp met ‘n ryk geskiedenis! Help ons om ons erfenis te beskerm. Neem jou kinders en gaan kyk by die Stellenbosch museum na die ou brandblusser of ondersteun projekte en innovasies om brande in Stellenbosch te bestry – lees oor een so ‘n innovasie hier.

Artikel: Y Coetsee 2017
Bronne/Sources: Stellenbosch drie Eeue (1979)

 

 

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui