Do you know the 20 oldest settlements in the Cape?

Do you know the 20 oldest settlements in the Cape?

 

Het jy al ooit gewonder watter dorpe in SA die oudste is? Vanselfsprekend het die Khoekhoe en San mense lank in die Kaap gewoon voordat die eerste settlaars hier aangekom het (lees ons blog hier). Maar sedert Jan van Riebeeck hier aangeland het, het die Kaap ‘n fassinerende melting pot (smeltkroes) geword van verskillende tale en kulture. Vandag kan alle Suid-Afrikaners ‘n storie vertel oor ons interessante erfenis.

Hier is volgens Floyd ‘n lys van die 20 oudste dorpe, asook wie dit gestig het en waarom. Jy sal dalk verras wees oor die volgorde. Durbanville is nommer 21.

 

Dorp Datum wat die dorp gevestig is Deur wie is die dorp gevestig Rede vir die dorp se vestiging
Kaapstad 1652 VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) Groentemark om skepe te voorsien van vars kos
Stellenbosch 1679 Goewerneur van die VOC Administratiewe doeleindes
Simonstad 1680 Goewerneur van die VOC Vlootbasis
(Nedersettings soos Drakenstein, Paarl en Franshhoek ontstaan maar val steeds onder die beheer van die Stellenboschdistrik)
Malmesbury 1745 ongeveer Goewerneur van die VOC Kerk en administratiewe doeleindes
Swellendam 1746 Goewerneur van die VOC administratiewe doeleindes
Graaff-Reinet 1786 Goewerneur van die VOC administratiewe doeleindes
Tulbagh 1795 NG kerk Kerkverwante doeleindes
Port Elizabeth 1806 Britse vloot Dien as hawe, fort en handelsentrum
Uitenhage 1804 Goewerneur van die Bataafse republiek administratiewe doeleindes
Clanwilliam 1806 Brittanje Kerkdistrik, administratief en militêr
Caledon 1811 Brittanje Kerk en distrikskern
George 1811 Britse Goewerneur Administratiewe doeleindes
Griquastad 1812 London Sendingsvereeniging Ou sendingstasie van Klaarwater
Cradock 1816 Britse Goewerneur Administratief en militêr
Beauford-Wes 1818 Brittanje
Worcester 1819 Britse Goewerneur Administratief
Bathurst 1820 Britse Goewerneur Dorp vir settlaars, administratief
Grahamstad 1820 Britse Goewerneur Militêr, die fort is gevestig in 1812
Fort Beaufort 1822 Britse Goewerneur Militêr
Philipolis (Vrystaat) 1823 Sendingstasie
Durbanville 1825 NG kerk Kerk en distrikskern

 

Stellenbosch is nie net die oudste dorp naas Kaapstad nie, maar was ook vir lank die gesagskern (streeksmunisipaliteit) van die hele omgewing (vanuit die drostdy).

As jy meer wil weet, kyk loer by die heritage portal webtuiste waar die tabel ook verskyn.

Om meer te lees oor wat Stellenbosch uniek maak, lees ons Stories van stellenbosch 1979 – 2017 hier.

Artikel: Y Coetsee 2017
Voetnota: Ek is nie seker op watter wyse Floyd sekere datums vasgestel het nie. Die naam “land van Waveren” (die Tulbagh omgewing), is byvoorbeeld al sedert 1699 in gebruik. Paarl is rondom 1687 gestig en Franschhoek rondom 1688. Ek raai dit het te doen met kwessies soos die plaaslike regeringsisteme en offisiële dokumentasie.
Bron:  Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26) 

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *