Herontdek
Partymaal, met die tegnologie wat die wêreld soveel kleiner laat word en ons toegang gee tot soveel voorheen onbekende en onontdekte plekke en kulture, is dit maklik om oorweldig te word. Wanneer iemand ’n e-pos aanstuur met foto’s van asemrowende natuurtonele van regoor die wêreld, of op sosiale media vertel van hulle vakansies in afgeleë wêrelddele, of wanneer daar op TV programme oor interessante dierespesies van oraloor gewys word, wonder ek dikwels hoe ek ooit alles gesien sal kry wat ek graag wil.
Maar dan, as daar ’n reeks foto’s oor my skerm opkom wanneer ek verlangend na alle verre plekke by my venster uitstaar in plaas van na my rekenaar, besef ek dat die mooiste van my foto’s plaaslik geneem is. Plekke wat miskien nooit die voorblad van ’n reistydskrif sal haal nie, maar wat hulle eie skoonheid bied as ’n mens net daarna soek. So dikwels voorveronderstel ons blindelings dat Parys, Vrystaat nie kan kers vashou by Parys, Frankryk nie. Of dat Newcastle niks kan bied in vergelyking met New York nie, dat Oos-Londen skerp afsteek teen Londen, dat
Waar anders, egter, kry ’n mens Paternoster, Piketberg, Polokwane en Putsonderwater; Franschhoek, Fochville en Franskraal; Napier, Nababeep en Nelspruit; Odendaalsrus, Ogies en Okiep; Eendekuil, Eersterivier, Emalahleni en Elandsbaai?
Rolle materiaal op die parade in Kaapstad
Waterval in die Biedouwvallei naby Clanwilliam
Sononder op Buffelsbaai
Wasgoed wapper droog buite Umtata
Geil graanlande buite Porterville
Skepe geanker in die hawe by die Waterfront in Kaapstad
Poskaarte word uitgestal in Knysna
Vroegoggend in Montagu
Die dam op Spier buite Stellenbosch
Met sononder op Kampsbaai
Wolke pak saam in die Karoo